Die siklus

Ok so ek het gedink ek is OK. Ek het gedink ek het meeste van my issues uitgesorteer. Ek het gedink ek het aanbeweeg. En ek het…. vir `n tyd lank.

 

Maar soos met so baie dinge is daar seker maar siklusse hier ook. Ek is eerlik hier, ek is af, ek voel net so gedrain en sonder motivering. My arme gesin loop deur onder my humeur en ek vra myself hoekom? Hoekom alweer? Wat het ek dan verkeerd gedoen? Wat kan ek doen om hier uit te kom? Dit het werklik vir n lang tyd goed gegaan. En ek besef…. daars een rede….. ek het toegelaat dat die gewig van die wereld my af trek. Ek het toegelaat dat die finansiele druk wat net meer word my in die grond in dryf. Ek moet ook noem, hoewel ek af is dat ek nie selfmoord oorweeg nie. Wat seker beteken dat ek al baie verder gekom het as wat ek ooit besef het.

 

So wat is dan die probleem? Ek dink die grootste is dat ek net geen motivering het nie. Ek moet sit en beplan vir my besigheid (wat ek begin het weens die swak ekonomie en nadat ek weer my werk verloor het) maar al die gedagtes bly net in my kop. Ek het nie lus om dit op papier te gaan vaslê nie. Ek het nie lus om te probeer om my sukses in die lewe weer te bereik nie. So ja dis seker die definisie van depressie. Ek het al `n paar goed probeer die afgelope tyd. Om meer te lees, om vroeer te gaan slaap, om meer tyd in my Bybel deur te bring en en en. Maar eerlik niks help nie. So volgende op my lys is om weer te begin journal. Om vir die mense wat my seer gemaak het briewe te skryf en te probeer om hulle te vergewe, want ek glo onvergewinsgesindheid speel `n groot rol.

 

Al wat ek wil sê, my vriend en vriendin is dat ek nie sal gaan lê nie. Ek sal hierdie ding deur fight en ek sal hierdie ding wen! Is jy saam met my?