Emosionele afhanklikheid

Emosionele Afhanklikheid

Vir baie lank het ek geworstel met vrae wat ek net nie beantwoord kon kry nie. Ek sou vriendskappe met mense begin en dan op `n punt kom waar ek besef dat daardie persoon belangriker raak as enige ander. Ek het afhanklik geraak aan gereelde kontak, gesprekke, kuiers. Hierie afhanklikheid het nooit verder gegaan as blote vriendskap nie maar vir so persoon sou ek letterlik enige iets doen. En ek het dit net eenvoudig nie verstaan nie.

Eendag het die engelse woord “emotional dependency” by my opgekom en ek het dit gaan google. My mond het oopgehang toe ek lees en die emosies waarmee ek so gesukkel het in die simptome raak lees. En ek het gelees van mense wat selfs seksueel betrokke raak by mekaar as gevolg van hierdie afhanklikheid, soms ook dieselfde geslag, sonder dat een van die twee perone homoseksueel is.

Vir my is hierdie een van die dinge wat ek vandag steeds die meeste mee sukkel. Ek raak afhanklik van die aanvaarding wat `n persoon my gee. Die graad en die persoon wissel. Van vriende, pastore, sielkundiges tot familie. Die enigste probleem is dat so `n emosioneel afhanklikheid begin bepaal hoe ek voel en wat my waarde is. So persoon bepaal of ek op of af is. As ek niks hoor van jou nie, dan is ek seker weer nie goed genoeg nie en bepaal dit in watter rigting my dag loop. En weet jy, dit was nie so ooglopend soos wat ek dit hier skryf nie. Soms het ek sommer net af begin voel, ou smse of emails gaan lees ens. Dit het my beter laat voel. Maar ek moes op die punt kom waar ek besef het dat die af deel wat ek gevoel het meer gegaan het oor die feit dat ek geen kontak van daardie persoon af gehad het nie.

Ek dink dit het ook baie te doen gehad met my behoefte van aanvaarding. Want vir daardie persoon was ek vir `n tyd lank goed genoeg. Maar die probleem is dat wanneer ons emosioneel afhanklik raak, ons onredelike eise aan daardie persoon en daardie verhouding begin plaas. Een van die definisies is juis dat ons n virendskap sal nurture vir ons eie sekuriteit deur `n ander persoon. En ek dink vir my was die grootste probleem juis ook gewees dat ek geweet het dat God die enigste persoon is wat my nooit sal kan teleurstel nie en wat ook my sekuriteit moet wees. En ergste is dat hierdie emosionele afhanklikheid juis was teenoor mense met wie ek geestelik ook `n pad gestap het. Nou moet my ook nie verkeerd verstaan nie, in moeilike tye sê ek nie dis verkeerd om afhanklik te wees van `n geestelike leier of terapeut of dokter nie, maar ek verwys na `n ongesonde afhanklikheid. `n Afhanklikheid waar jy letterlik enige iets vir daardie persoon sal doen, daardie persoon jou gedagtes oorheers en jy onbereikbare vereistes aan daardie persoon begin stel.

Een van die gevare van hierdie tipe afhanklikheid is juis dat dit ander verhoudings ook kan opbreuk of ernstig beskadig. As getroude persoon het my vrou nie daarvan gehou dat ek eerder met my vriend sal praat as met haar nie en ons het as gevolg daarvan meer en meer emosioneel onafhanklik geraak van mekaar. Iets wat juis `n gevaar is in enige huwelik.

Die ander kant van die muntstuk is ook dat die persoon van wie jy afhanklik is goed voel oor die feit dat jy juis van hulle afhanklik is. Baie keer is die persone in leierskap rolle en die afhanklikheid maak dat so persoon belangrik voel. Maar as ek `n kind leer swem is daar `n tyd wat ek nie meer die heel tyd saam kan swem nie. Net so met hierdie afhaklikheid. Ergste is, dis baie keer vir ons `n skok as ons tot hierdie besef kom, dit was vir my! Maar dit was ook vir my ongelooflik bevrydend want vir die eerste keer kon ek dit wat my so gery het `n naam gaan gee en het ek meer en meer verstaan hoekom ek dan so opgetree het soos wat ek gedoen het.

Hieronder is inligting wat ek getrek het van `n website af en omdat ek graag die bron die erkenning wil gee, sluit ek dit in in Engels.

Simptome van emosioneel afhanklikheid:

Here are some signs to see if a friendship has crossed the line into emotional dependency.  When either party…

  1. becomes preoccupied with this person’s appearance, personality, problems and interests.
  2. prefers to spend time alone with this friend and/or becomes frustrated when this doesn’t happen.
  3. becomes irrationally angry or depressed when this friend withdraws slightly.
  4. experiences frequent jealously, obsessiveness, a desire for exclusivism, viewing other people as a threat to the relationship.
  5. loses interest in friendships other than this one.
  6. refers frequently to the other in conversation; feels free to “speak for” the other person.
  7. is unwilling to make short or long-range plans that don’t include the other person.
  8. is unable to see the other’s faults realistically.
  9. becomes defensive about the relationship when asked about it.
  10. displays physical affection beyond that which is appropriate for a friendship.
  11. exhibits an intimacy and familiarity with this friend that causes others to feel uncomfortable or embarrassed in their presence.
  12. experiences romantic or sexual feelings leading to fantasy about this person. (http://www.jennifercotti.com/2012/07/15/emotionalfriendship-dependency-signs-dangers-part-1/)

Toe ek hierdie hier bo gelees het het dit my hoendervleis gegee want dis so akkuraat. Ek ken feitlik al daardie punte in my eie lewe.

So waar is ek en hoe het ek dit oorwin?

Ha ha, ek kan jou nie daarmee help nie want dit is steeds `n konstante stryd by my. Dit het my baie gehelp dat ek besef het waaroor dit gaan en wat dit is en ek kom soms op die punt dat ek sal begin onttrek by so `n vriendskap om myself te beskerm. En ja, hierdie fight van my gaan steeds aan maar ek weet nou al wat die simptome is en wat ek kan doen om te help daarmee. Maar eerlik, dis werklik nie `n maklike stryd nie.

Wat my ook gehelp het is die besef dat ek werklik vir God goed genoeg is net soos ek is. Dit het gemaak dat ek nie meer so gecrave het vir die erkenning en aanvaarding van ander mense nie. Onlangs was ek in `n situasie waar ek vir `n week saam `n geestelike leier en `n paar ander manne op `n kamp was in Zimbabwe. Hierdie was die ergste wat ek nog moes veg hierteen. Want ek was emosioneel op `n slegte plek en hierdie afhanklikheid het gemaak dat ek onrealistiese verwagtinge gehad het. Die feit dat ek dit kon erken vir wat dit is het my baie gehelp maar dit was steeds nie maklik nie. Vandat ek weer myself begin sien het deur God se oë het hierdie afhanklikheid weer begin afneem tot waar dit nou op `n amper gesonde plek is.

My vriend / vriendin. Hierdie is nie `n maklike stryd om te veg nie. Dis ook ongelukkig een van die goed wat ons self moet deur werk, deur fight, en deur werk. Ek bid dat God jou besondere waarde ook aan jou sal wys. Dat jy sal kom op die punt dat jy sal besef jy is goed genoeg vir Hom. Dat jy sal besef Hy het jou lief net soos jy is en aanvaar jou ook so. Gelukkig het Hy ons ook te lief om ons te los waar ons is.

Mag jou wortels wat dalk soms deur ander mense verstrengel raak net weer verstrengel raak in die wortels van God.