Gedig – Mure

Een ding wat ons nogals goed is mee is om mure om ons te bou. Enigste probleem van mure om mense buite te hou is dat ons ook daardie mure gebou het wat ons nou weer binne hou.

Bou die muur nog hoër en hoër

Werk jouself nog moeer

Besig, besig, altyd besig om te bou

Om die warm tonge uit te hou.

Bou nog, moenie stop

Terwyl jy besig is kry vir jou sommer ook `n harde dop

`n dop om almal uit te hou, `n wapen om in weg te kruip

Terwyl die donkere eensaamheid steeds nader sluip

 

Gryp nog `n steen van pyn en seer

Messel hom vas voor iemand jou kan keer.

Maak dit toe met verwerping as pleister

Terwyl jy alleen sit en luister

Na die lewe, die lied daar ver, so ver weg

Terwyl jy enkel teen die naarheid veg

Want weer het mense se hande gebou aan die muur

Die muur gebak deur die warm vuur

Van woorde, lee woorde, uitgetrap

Woorde wat net weer ou wonde oop kom krap.

Bou die muur, bou die muur bou hom gou

Voor iemand in kom en ek dit weer berou.

 

 

Agter klap die grendel hard en skreeuend toe

Gesluit

Veilg

Eie besluit

Onheilig

Donker

Alleen

Seer

Is die alleenheid wat my pad kom teer.

 

Verworpe, uitgegooi en dood

Smagtend dat iemand moet sien hoe lyk jou nood

Die nood nou weggesluit agter `n bree muur

Waar net jy so nou en dan uit kan tuur.

Ek wil uit, ek wil uit!!!!

Maar die deur is steeds gesluit

En die sleutel is geroes, verlam, weg

Sy naam is hoop, sy naam is sleg

Alleen, toegesluit, op

Wagtend vir die valbyl oor jou kop

Gryp nog `n steen van pyn en seer

Messel hom vas voor iemand jou kan keer.

Maak dit toe met verwerping as pleister

Terwyl jy stemme saggies vir jou fluister.