Selfmutalasie

Selfmutalasie

Een van die dinge wat ek moes deur veg was die ding wat meer en deel in tieners gebeur naamlik selfmutalasie. Onthou weereens dat ek slegs uit eie ondervinding deel en dat hierdie nie `n sielkundige uiteensetting is of dat ek maak of ek alles weet nie.

Wat is dit mag jy dalk ook vra? Selfmutalasie is die opsetlike seermaak van `n persoon aan himself. Daar is verskeie vorms daarvan maar die mees bekendste daarvan is om jouself te sny of “cutting” soos dit baie keer bekendstaan. Daar is ook ander vorme daarvan soos dat so persoon himself of haarself sal brand, sal slaan, hare uittrek ens. Die hele doel van dit is `n poging om ontslae te raak van emosioneel pyn wat net te erg raak.

Wat ook belangrik is om te onthou, en hierdie is waar baie verwarring inkom, dat `n persoon wat himself of haarself sny nie probeer selfmoord pleeg nie. Daar is gewoonlik geen moetief van selfmoord nie en dit gaan bloot oor ie uitlaat van emosioneel pyn.

In my eie geval het die selfmutalasie eers begin toe ek 28 jaar oud was. Daar was sekere dinge wat gebeur het wat dit getrigger het. Een van die redes wat al hierdie emosies laatopwel het was die feit dat ek vir die eerste keer in my lewe onvoorwaardelik deur iemand aanvaar is en vertel het hoe goed ek is. Ek het nie die emosie van aanvaarding geken nie en dit het al my goed kom deurmekaar krap. Ek het myself begin sny in `n poging om van al die emosies ontslae te raak. En die realiteit daarvan is dat ek wel beter gevoel het daarna.

Die gevaar van hierdie probleem is dat dit ook soos `n verslawing raak en dat wanneer ookal alles te veel raak jy daarnatoe vlug. Net soos enige verslawing is dit ook nie maklik om van hierdie gewoonte onstlae te raak nie. Inteendeel, hierdie raak `n emosionele ontsnappings meganisme wat eintlik maar dieselfde is as enige drug. En net soos enige verslawing is dit nie maklik om alleen hierdeur te kom nie. Die meeste van die kere gebeur hierdie ook in die geheim en die geheimhouding daarvan keer juis genesing.

Ek het `n pad begin stap met iemand wat ek vertrou het met die geheim en het rekenskap gegee. Ek kon die persoon bel al was dit watter tyd en met hom praat. Ek het van my kant af gecommit om nie aan myself so iets te doen sonder dat ek eers met hom gepraat het nie. Bloot net daai oor wat bereid is om te luister het alreeds so baie gehelp.

Het ek daarna nie weer gesny nie? Nee ek het, Daar was tye gewees wat ek effe teruggeval het na hierdie gewoonte maar dit was elke keer makliker om daaruit te kom. Ek glo ons leer lesse uit hierdie ervarings wat dit die volgende keer makliker en makliker maak. Toe ek deur my donkerste krisis gegaan het voor die tyd wat ek wou selfmoord pleeg was hierdie opsie weereens so aanloklik gewees want ek het geweet dit sal emosioneel baie ontlaai. Maar ek het besluit om hierdie keer eerder die dinge waarmee ek moes deel mee te deel. Ek het die besluit gemaak om nie weer myself op daardie manier seer te maak nie.

As jy dalk iemand ken wat hierdeur gaan. Moenie so persoon kritiseer nie. Probeer eerder verstaan dat die hulpmiddels om ontslae te raak van hierdie intense pyn te min geword het. Wees ook simpatiek met so persoon en moet dit nie verwar met selfmoord pogings nie. So persoon het veral jou ondersteuning nodig, net `n oor om te luister. Ja ek weet dat jy waarskynlik nie sal verstaan wat daardie persoon deur gaan nie so moet ook nie woorde soos “ek verstaan” gebruik nie. Stel eerder so persoon gerus dat jy daar sal wees ongeag. Hierdie is werklik eintlik maar net `n dwelm om die intense pyn te probeer beheer.

Net soos meeste probleme lê die krag van hierdie gewoonte juis in die feit dat dit in privaatheid gedoen word. Dit word ook gewoonlik weggesteek deur kinders en mense wat lang klere sal dra, selfs al is dit hoe warm. Die meeste plekke waar selfmutalasie sal plaasvind is op die arms, die bors asook in die dy area, plekke waar dit nie sommer opgemerk sal word nie en wat ook redelik maklik bereikbaar is.

Hierdie simptoom is ook `n teken dat iemand seker dinge in hulle lewens het waarmee hulle sal moet deel. As dit kan, gaan ook vir profesionele hulp want hierdie is maar een simptoom dat alles nie heeltemal reg is nie. Dis `n teken van die ernstige en intense pyn wat ervaar word.

Ek het weereens vir jou hoop. As ek daardeur kon kom, dan kan jy ook!

Is dit `n maklike pad? Nee verseker nie!

Is dit iets wat ek alleen kan uitsorteer? Dalk sal jy ophou om jouself seer te maak maar onthou dis slegs `n simptoom, dus moet na die wortel gesoek word en daar moet genesing gekry word.

Gebeur dit net in tieners? Nee, ek was 29 toe ek met van my seer begin deel het en dis toe die self seermaak begin het.

Waarna kan familie kyk om dit te identifiseer? Baie keer begin die persoon hom of herself baie onttrek, veral van sosiale omgewings. Tipes kan so persoon ook truie of langmouhemde dra al is dit somer (onthou dat party mense maar net daarvan hou om dit te doen) . Brandmerke of wonde of selfs ou snymerke is ook `n teken daarvan. Baie keer sal so persoon himself en haarself ook verskoon met woorde soos “ek het alweer n ongeluk gehad” of so iets. Ek het self ervaar dat ek baie keer sou praat oor hoe ek hopeloos voel ens.

Onthou, daar is hulp! As jy hiermee sukkel KAN jy daardeur kom! Moenie opgee nie en belangrikste, as jy weer so faal daarin, moet jy weer opstaan. Kry vir jou iemand om die pad saam jou te stap wat sal luister. Kry iemand wat nie noodwendig sal verstaan nie maar wat daar sal wees vir jou. En soos met soveel ander goed op my site, gaan kry hulp by iemand profesioneel! As jy so iets doen is dit `n teken dat jy onverwerkte seer het asook `n moontlike probleem met jou identiteit. Bring dit na die lig!

Hier is dalk so blik in wat ek ervaar het daartydens:

So I added another scar today

Another scar forever to stay.

To remind me of this struggle I have to go on

Of emotions moving me like a pawn.

So I added another scar today.

To remind me of this hellish way.

 

Every day I try to live a life of victory

Without looking at my history

Of failure and despair

That keeps me feeling bare.

So I added another scar today.

Another scar forever to stay.

 

No one understands or no one know

Of this struggle deep down below.

Where only I can see and live the hell

That the past is offering and trying to sell.

So I added another scar today

That will increasingly keep the pain away.

 

Victory, salvation, joy and peace

Are terms only other people sees.

How can I add those words to the ones I know.

Why am I reaping what I did not sow?

So I added another scar today.

To keep this overwhelming pain at bay.

 

When will it stop, this pain inside?

Is there nowhere I can hide?

Away from this suffering, hurt and fear.

This old friend that within me stays so near?

So I added another scar today

A scar as proof of the price I pay.

 

Will life ever be fair to me?

Will I ever become the one I am suppose to be?

How long can I keep the facade up?

How long until I fill this cup…

That makes me add another scar to the existing scars

And keep me like steel burglar bars.

So I added another scar today

To remind me of the thorns on my way.

1 Comment


  1. Hi, this is a comment.
    To delete a comment, just log in and view the post's comments. There you will have the option to edit or delete them.

Comments are closed.