Molestering

Soos ek reeds genoem het is ek as kind gemolesteer. Dit is skrikwekkend om te sien teen watter tempo molestering toeneem in ons samelewing. En ja, dis nie net meisies wat gemolesteer word nie, seuns ook. OK, in alle realiteit, ek is nie net gemolesteer nie, ek is ook verkrag. Ek was 10 jaar oud gewees toe dit begin het en dit het die laaste keer gebeur toe ek 15 was. Hy was so amper 3 jaar ouer as ek gewees. Hy was ook ons bure se seun en my ouers en sy ouers was beste vriende. Die gevolg was dat ons ten minste 3 aande van die week saam gekuier het. En kinders is mos gesien en nie gehoor nie so ek en hy moes maar gaan speel. Wel ja, speel het ons gespeel. Die realiteit is dat mense steeds nie baie weet oor molestering nie, veral nie die van seuns nie. Mense is onkundig daaroor en glo ook dat dit nie met hulle kinders kan gebeur nie. Die waarheid is egter dat ons nie verder ons blinde oog kan gooi op hierdie onderwerp nie. Daar is mense daar buite wat loop en soek na kinders wat hulle kan molesteer. Pedofiele is nie meer nsaaks in ons hedendaagse tyd nie en die TV is vol van stories daaroor. Maar juis daar dink ek lê die probleem, ons sien dit as stories. Ons as ouers is ook ongelukkig nie so betrokke by ons kinders dat ons dit dadelik opmerk nie. Tot vandag toe weet my ouers steeds nie dat dit met my gebeur het nie.Maar ouers, een ding wil ek mooi vra. As jou kind ooit met sulke nuus na jou toe kom. Moenie dit afmaak of vir jou kind vertel hy moet nie met stories kom nie. Jy is dalk die rede hoekom hierdie geheimhouding dan sal aangaan.

So wat is moontlike tekens? Wanneer ʼn kind se gedrag drasties verander is dit ʼn teken dat die kind moontlik probleme ervaar. Die volgende is ʼn paar tekens dat ʼn kind moontlik seksueel mishandel is of moontlik steeds mishandel word. Hierdie gedrag moes voor moontlike mishandeling afwesig gewees het.

Slaap probleme, nagmerries en slegte drome.
Die kind maak sy/haar bed nat.
Vuil en/of nat onderklere.
Verandering in die kind se eetpatroon.
Lae selfbeeld.
Vermy mense of plekke wat die kind nie voorheen vermy het nie.
Vrese, byvoorbeeld om alleen te wees en ʼn skielike vrees vir die donker.
Konsentrasie probleme.
Aggressie en/of woede.
Seksuele spel.
Fisiese tekens byvoorbeeld herhalende urienweginfeksie, teer en/of rooi branderigheid op uitwendige geslagsdele en die anale opening. Die kind kan ook kla van branderigheid en krap as gevolg van jeukerigheid. (http://www.childtherapist.co.za/afrikaans/kindermolestering.html)

Die gevolge van seksuele molestering van seuns is fenomenaal – in baie gevalle juis as gevolg van onkunde en die stigma wat aan gevolge voorgehou word en gevolglike gebrek aan behandeling. Ons moet ook onthou dat gemolesteerde oorlewendes almal verskillend reageer op seksuele molestasie en dit kan ook verskil in verskillende stadiums van ʼn gemolesteerde se lewe. Ek dink dat vir my was die ergste dat ek so groot deel van kind wees verloor het. Toe die meeste maats nog lekker karretjies en so aan gespeel het was ek gekonfronteer met die realiteietie van grootmens issues. Ek moes sukkel om agter te kom of ek die rede is dat dit gebeur het en of ek nie dalk gay gaan wees nie. Hierdie ou was saam my op skool ook en hy het my begin name noem. Name wat later gebly het en wat my lewe hel gemaak het. Bo dit alles het ek in `n tegniese skool opgeeindig waar dit nog 10 keer erger was.

So dat ek by die begin begin. Ek en `n maatjie was op `n eksperimenteer fase gewees, soos maar met seuns gebeur. `n Derde maatjie het by gekom. En dis waar alles begin het. Skielik was eksperimenteer nie meer eksp[erimenteer nie en moes ek gereeld ervaar hoe hy my op die grond sou vas druk en homself op my sou af forseer. Hy was slim gewees, hy het my elke keer vertel dat ek dit wil he (as gevolg van die eksperimentering) en naief soos wat n 10 jarige was het ek hom geglo. Soms sou dit een keer `n week gebeur, soms een keer `n maand, soms sommer 4 of 5 keer in een week.

Ek het nooit geweet wanneer dit weer sou gebeur nie. Hy het `n paar keer besluit dis tyd om maar iets anders ook te probeer. Hy het my op `n geleentheid heeltemal oop geskeur en ek onthou net die baie bloed. Van daar af het ek `n poging aangewend om hom eerder oraal te probeer bevredig om te keer dat hy weer “iets anders” wou doen. Ja ek weet een van die groot probleme met molestering is dat dit onder die mat ingevee word en toegesmeer word. Maar ek voel ook dat hierdie nie die plek is om jou te bombardeer met klomp onstellende feite nie.

Ek wil net soos met die selfmoord by jou dalk `n verstaan komponent in bring. Dat jy wat dalk hier deur gaan of moes gaan hoop kan kry. Dat jy sal weet jy is nie alleen nie! Want jy is nie alleen nie. So wat het ek gedoen om hier uit te kom? Niks! Hy het net een dag besluit hy wil nie meer met my speel nie. Hy was toe amper 18 gewees, ek amper 15. Ek kan jou die dag en datum ook gee wanneer dit die laaste keer gebeur het want dit was op my ma se verjaardag.

Ek wil egter praat oor die gevolge van dit wat hy gedoen het. Ek het steeds dinge wat ek moet deur werk as gevolg van die molestering. Ek het steeds issues waarmee ek sukkel. As getroude man is my sekslewe nie wat dit moet wees nie. Die gevolge op seksuele gebied verskil van persoon tot persoon. Sommige mense wat gemolesteer is is vandag gay (daarmee sê ek vir geen oomblik dit gebeur altyd of dat dit die rede is dat mense gay word nie). Ander sukkel met seksuele afwykings, geen lus vir seks of ook `n obsessive met seks. Die gevolge is legio want nie een persoon hanteer dit dieselfde nie.

Ek wil jou egter hoop gee, want hoewel ek steeds met van die gevolge moet saam leef het ek ook al baie dinge deurgewerk. Ek het op `n punt gekom waar ek hom net moes vergewe. Dit beteken nie dat ek en hy nou kuier nie. Want dis `n misopvatting wat so baie mense het. Hulle dink as jy vergewe het dan is alles weer reg en kan jy maar weer saam kuier ens. Dis nie so nie. As ek my hand op `n stoof plaat brand, gaan ek nie terug en gaan druk weer my hand daarop nie want ek het daaruit geleer. Ek sal in my lewe ook nooit my kinders naby hom toelaat nie, want ek het mos geleer.

So wat het ek gedoen om daaruit te kom? Die eerste stap wat ek gevat het was om met `n onderwyser van my te gaan gesels. Ek het nie kans gesien daarvoor nie so ek het `n brief op sy tafel gaan laat. Ek was toe reeds in matriek gewees en dit was in die tyd voor ek die eerste keer probeer selfmoord pleeg het. Ek het die brief op sy tafel gelos en later toe ek dit weer wou gaan haal het hy dit klaar gelees. Ek was soooo skaam gewees want dis mos wat ek wou gehad het, of so het my molesteerder my probeer oortuig. Die eerste ding wat hierdie onderwyser my geleer het was om my kop op te lig. As ek hom nie in die oë gekyk het nie het hy geweiere om met my te praat. Elke keer as ek en hy gesels het en ek nie my kop kon oplig oor die skaamte nie het hy sy hand onder my ken gesit en my kop opgelig. Want weet jy, dis een van die eerste goed wat `n molesteerder sal doen. Hy sal jou laat glo dit was jou skuld en dat dit is wat jy verdien. DIS DIE GROOTSTE LEUEN!!! DIS NIE JOU SKULD NIE!!! JY HETNIE IETS GEDOEN OM DIT TE VERDIEN NIE!!!

Ek is dankbaar oor hierdie onderwyser want hy het deur my kop op te lig my geleer dat ek die wêreld in die oë kan kyk. Dat ek niks het om voor skaam te wees. Hy het my ook verwys na die skool se sielkundige toe. Die eerste keer het hy self saam met my gegaan. So was daar `n intense jaar van emosioneel rollercoasters want dit was nie maklik nie. Dit was ook nie lekker om hierdie goed te moes deur werk nie.

Ek wil `n paar goed vir jou wat dalk ook gemolesteer is of gemolesteer word sê, en ek skryf dit alles in hoofletters want eintlik wil ek dit vir jou skree omdat ek weet jy dit nie sal wil glo nie:

1. DIS NIE JOU SKULD NIE, DIS NIE JOU SKULD NIE DIS NIE JOU SKULD NIE.

2. DAAR IS HULP VIR JOU! JA DIT GAAN NIE `N MAKLIKE PAD WEES NIE MAAR DIS N PAD WAT JY MOET STAP OM DIE LEWE DIE MOEITE WERD TE MAAK.

3. DIS NIE JOU SKULD NIE.

4. AS DIT STEEDS GEBEUR KAN JY DAAR UIT KOM DEUR IEMAND IN JOU VERTROUE TE NEEM. AS HULLE DIT NIE GLO NIE MOENIE DAAR OP HOU NIE. GAAN SIEN IEMAND ANDERS WAT JY OOK VERTROU SOOS `N ONDERWYSER.

5. DIS NIE JOU SKULD NIE.

6. GEHEIMHOUDING GEE DIT JUIS KRAG SO BRING DIT UIT

7. DIS NIE JOU SKULD NIE.

8. DAAR IS HOOP!!!!!! 9. DIS NIE JOU SKULD NIE.

Mag jy net dalk net so bietjie hoop kry hier uit. Ek is nou 40 jaar oud en ek hanteer steeds van die gevolge maar ek is eerlik, dit was `n seer pad maar `n pad wat ek ook baie geleer het van myself. Een van my gunsteling flieks is Good Will Hunting en my gunsteling deel is waar sy terapeut vir hom sê “Its not your fault” en hy uiteindelik tot die besef kom dat dit nie hy was wat dit gedoen het of laat doen het nie. Ek glo een dag sal ek ook daar kan kom dat ek bo alles glo dat ek nie `n aandeel daarin gehad het nie. My vriend/in, baie sterkte met jou eie stry. En onthou ; jy is nie alleen nie!!!