Selfmoord gogga – Gedig

Selfmoord gogga

Godverlaat

Alleen gelaat

Met sawwe kniee op die vloer

En wolwe wat uit die duister uit kom loer

Alleen in die stof

Strompelend met `n oorverdowende geslof, slof slof

Gepynigde oë

Kyk na bo

En soek die antwoorde daar

Maar dit word net `n nikssienende gestaar

Alleen

Stille geween

 

Hardloop, hardloop, hardloop weg

Slaan dan neer want jys opgeveg

Hande moedeloos uitgestrek

Gesig deur diepe pyn vertrek

Woorde wat net nie uit wil kom

Brommers wat om jou saam kom drom

Want die allenheid hond

Skop jou rond en bont

Alleen

Stilte houe wat aanhou reen

Veilig in jou hoek

Op na waarheid gesoek

Enkel kind

Deur die stilte weer verslind

 

Ken jy dan ook hierdie stille alleen?

Ken jy die geraamte wind se harde ween?

Wat diep sny, deur sny, oop kom kloof

Wat jou pyn met gesanik kom verdoof

Alleen wind

Wat jou vas kom bind

Wat jou rond kom gooi

En jou woorde oor die aarde kom verstrooi

Alleenwind

Weeskind

 

My God, my God waarom het U my verlaat

Kruis dit uit `n stem wat glo dit is te laat

Verwerp en stukkend

Huil jy traanloos maar lyfseer rukkend

My God, my God wanneer het U my dan verlaat?

En my hier alleen gelaat!

In `n hopie misrabele bene

Kom die stilte stene

En tref jou een vir een

Met die wind wat saam jou pyn wil kom ween.

 

Agter jou staan die wittand en lag

En gee meer pyn gedagtes elke slag

“Jy is sleg, jy is alleen, jy kan nie meer

Hoekom dan aanhou en aanhou om te probeer?

Jy sal nie wen, jy kan dit maar weet

Jy gaan elke dag net meer kom sweet

Want jy is sleg, niemand wil jou help in hierdie tyd

Kyk hoe is jy dan al rond gesmyt

Jy is alleen ego dit dan

Alleen Aleen, jy sal nie kan.

 

Pyn gedagtes slaan soos `n kats

En jy vergeet van die goeie tye wat in jou lewe was

Want dis seer

Jy kan net nie meer

Jy is opgeveg

En jy glo die woorde wat sê jy is sleg

Moedeloos

Hulpeloos

Op

Laat sak jy jou sawwe kop

En jy weet jy kan nie meer

Jy is net op probeer.

 

Selfmoord gogga met sy tande wit

Wil nou maar terug gaan sit

Want hy besef hy het jou gevang

Met lee woorde wat in die lug kom hang

Vuishoue van gedagtes slaan jou voos

Maak jou woord vir woord moedeloos

En die gogga staan en lag

Want hy sien wat op jou wag

Die einde is nie ver, staan net om die draai

Staan een wink en vir jou waai

 

My moedelose vriend, jy is nooit alleen

Moenie luister na daai gogga ander een

Want jy is so kosbaar en spesiaal

Moenie dat hy jou nou kom haal

Want jou plek sal leeg bly vir altyd en nog meer

Al maak dit jou nou baie seer

Moenie na daardie gelag en fluister luister

Al voel die toekoms nou so duister

Want ek is hier, wil met jou praat

Ek is hier al het ek dalk nie raad

Want jy is so kosbaar en spesiaal

Hy kan jou nie nou al wil kom haal

Hiers my hand, vat dit nou

Ek sal joune stuif vas kom hou

Want jy is kosbaar en so spesiaal

Ek wil jou in daai donker plek uit kom haal.