Update

Miskien lyk dit vir jou of ek al so baie goed uitgesorteer het. Weet jy, ek het al deur baie gewerk maar ek is ook eerlik met jou vandag. Die stryd is nooit maklik nie. Elke dag is soms `n stryd net om kop bo water te hou. Ek is ook nou op `n punt waar dit weer effens moeilik gaan. Ek probeer die fight fight maar dis moeilik vir my ook.

Ek het die laaste tyd deur baie goed gewerk en dit het vir `n tyd lank redelik goed gegaan. Dit het my hoop gegee en toe wham, verlede week kry ek slegte nuus wat my kasteeltjie in mekaar laat tuimel en ek sit weer en ek wonder, is dit nie maar die moeite werd om op te gee nie? Ek meen hierdie konstante struggle is nie meer snaaks nie. Dis nie meer snaaks om soos n golfie heen en weer gegooi te word nie! Dalk moet ek nou maar doen wat ek beplan het `n tyd terug want al daai planne onthou ek nog goed. Is dit dan die moeite werd om aan te sukkel?

Maar weet jy my vriend / vriendin. Ek wil dit uitskree: dis NIE die moeite werd nie! Dis nie die moeite werd om op te gee nie want dan was al hierdie fights die laaste paar jaar verniet gewees! Wat van my vrou en my twee seuns? Hoe gaan hulle aangaan as ek nie hier is nie? My seun wat so opkyk na sy pa! Hoe gaan hy dit hanteer as ek nie meer daar is nie? Gaan ek nie dalk sy lewe ook veraltyd verwoes nie? Gaan hy reg kom sonder my? Gaan my vrou reg kom sonder my? En wat van my oudste wat nou in sy tienerstadium is?? Ek is so lief vir hulle! En ek wil een woord op die top van my stem uitskree : GENOEG!!!!!!! GENOEG!!!!!! GENOEG!!!!!! Ja jy het reg geraai, ek het genoeg gehad!

Maaaaar ek het nie genoeg gehad van die lewe nie! Ek het genoeg gehad van hierdie siek gevoel wat my keer om te lewe!!! Nie net te bestaan nie, maar om te lewe!!! Hoor jy my my vriend / vriendin? Is jy nie ook net so bietjie moeg om die heel tyd sulke ops en afs te he nie? Is jy nie net ook soos ek so moeg om die kleinste goedjies te he wat jou so ontstel nie? Wat gaan ek doen om hier uit te kom? Want eerlik het my omstandighede nie verander nie! Ek weet nog nie maar ek werk na `n plan toe. Ek gaan God eerste in my lewe plaas en `n intenser pad met Hom begin stap. Ek gaan ophou om myself te bejammer oor my situasies en iets daaraan probeer doen! Ek gaan ophou om my sekuriteit in die verlede te vind omdat dit is waar ek veilig voel. Ek wil LEWE!!!! Hoor jy my???? Wil jy nie ook saam met my begin LEWE nie????

Ek het gister so gelê en dink oor al die goed en toe kom ek tot die besef dat die sleg voel eintlik vir my maar net iets is om aan vas te hou. Dis wat ek ken, die bekende. Ek gaan soontoe wanneer dinge te veel raak. Maar ek besef daardie behoort nie my sekuriteit te wees nie. Ook nie joune nie! Ek gaan kruip daar weg en ek gebruik dit as verskoning vir die dinge wat ek nie doen nie of vir dit waarin ek gefaal het!

Ek kan hoe ek voel seker gaan justify want daar het redelik baie goed in my lewe verkeerd geloop maar ek is moeg om `n victim te wees, ek is moeg om `n survivor te wees, ek wil `n oorwinnaar wees! Ek wil iemand wees wat kan getuig dat ek vry hier uitgestap het. Ek wil statistieke verkeerd bewys! Ek wil nie `n slagoffer wees van my verlede nie maar ek wil `n stryder wees vir my toekoms!! Ek wil oor 10 jaar van nou af kan praat van `n lewe van oorwinning en al hoe ek dit gaan doen is om op `n punt te kom deur te sê:

GENOEG

GENOEG

GENOEG

GENOEG!!!!!!!

Ek dink jy kry die boodskap! En moet my nie verkeerd verstaan nie. Ek vat nie weg van jou pyn nie. Ek vat nie weg van jou stryd nie want dalk het daar baie erger goed met jou gebeur. Maar ek wil vir jou kom sê dat ek nie langer so wil aangaan nie. En dis ook jou keuse of jy so wil aangaan. Ek wil jou vra om saam met my te journey na bevryding want ek glo daar is bevryding. Om saam met my te stap in die maklike dae maar ook saam met my te stap in die moeilike dae. Want glo my, ek het geen idee van hierdie rooskleurige paadjie nie. Maar ek het een ding binne my : HOOP. Ja hoop, maar dit gaan steeds my geveg wees! Dit moet my geveg wees want as ek een keer vry is moet dit wees na `n oorlog, nie omdat dit net in my skoot geval het nie. Die oorlog merke is reeds daar maar ek gaan ook oorwinningsmerke by kry!

 

Gaan jy saam my stap?